Vorige advokaat dagvaar Trump organisasie

Michael Cohen, die vorige advokaat van President Donald Trump, het aangekondig dat hy die Trump organisasie gaan dagvaar vir ’n bedrag van bykans $2 miljoen.

Hy beweer dit word gedoen as gevolg van die Trump organisasie se agterstallige “ere loon” wat verskuldig is.

Michael Cohen beweer dat die Trump organisasie kontrakbreuk gepleeg het, en dat hy geregtig is op vergoeding en dagvaar die Organisasie vir die betaling van $1.9 miljoen.

Die regsgeleerde is egter in omstredenheid gedompel weens sy onwaarhede wat hy kwytgeraak het, selfs voor die Amerikaanse Kongres, en moes later erken dat hy nie die waarheid vertel het nie.

Foto – Michael Cohen