Volvo plaas spoedbeperking op sy motors

Die Sweedse motorvervaardiger Volvo, het bekendgemaak dat hy sy voertuie vanaf 2020 gaan instel op ’n maksimum snelheid van 180 km per uur.

Die vervaardiger sê alhoewel die snelheidsperk wat ingestel word nie ’n wondermiddel is nie, kan dit bydra om mense se lewens te red in geval van ’n ongeluk.

Volvo se woordvoerder, Håkan Samuelsson, sê teen ’n snelheid van 200 km per uur op die Duitse autobahn is die geraas veel hoër en die gevaar van ’n ongeluk soveel gevaarliker.

Met die nuwe Volvo van 2020 sal dit nie meer moontlik wees om teen daardie hoë snelheid te ry nie, het hy gesê.

Hy het ook daarop gewys dat mense selde sterf wanneer ’n Volvo in ’n ongeluk kom waar die snelheid minder as 180 km per uur was, en dit is die vernaamste rede waarom ’n snelheidsperk ingestel word.