Vliegtuig maak noodlanding op N1

’n Ligte vliegtuig moes noodgedwonge Woensdag ’n noodlanding doen op die N1 snelweg ten noorde van Pretoria.

Die vliegtuig wat onklaar geraak het, kon daarin slaag om neer te stryk terwyl motors hom ’n redelike kans gegee het om t land en op die grasbaan te gaan staan wat tussen die noordelike roete en suidelike roete se paaie is.

Die tuig het naby Hammanskraal geland terwyl die verkeer redelik besig was, maar almal het besef wat gaande is en dadelik begin om spasie te maal vir die noodlanding.

Dit is nie bekend wie se vliegtuig dit is, of wat die probleem was wat ’n noodlanding vereis het nie.

Niemand kon Die Vryburger inlig oor die aantal passasiers wat vervoer is en of almal ongedeerd is nie.