TUT onbepaald gesluit

Akademiese programme is by alle kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie gestaak en studente is beveel om koshuise te ontruim.

Vrese bestaan glo vir studente en personeel se veiligheid. Volgens Willa de Ruyter van TUT is die toestand by kampusse onvoorspelbaar en vlambaar.  Die Jong Kommunistiese Liga beskou die besluit van TUT as ‘n bevestiging dat uitdagings en eise van voorheen historiese swart agtergeblewe studente oor die hoof gesien word.

Koshuis eiendom is soos in die verlede beskadig en die koste om herstel is nog nie bereken nie.

Foto – Willa de Ruyter