Trump en Bolsonaro bespreek Venezuela

President Jair Bolsonaro van Brasilië en President Donald Trump is beide sterk ondersteuners van die selfverklaarde tussentydse president van Venezuela, Juan Guaido, wat dan ook die middelpunt van die twee leiers se gesprek sal wees tydens hulle ontmoeting.

Brasilië se nuutverkose nasionalistiese president, Jair Bolsonaro, sal glo op 19 Maart die Amerikaanse president in die Wit Huis ontmoet om besprekings te voer oor die krisis in Venezuela.

President Bolsonaro word allerweë beskou as Brasilië se Trump wat ’n regerings saamgestel het wat sterk ekonomies gerig is.

Foto – President Jair Bolsonaro