SpaceX se nuwe kapsule kom tuis

Die nuut ontwikkelde ruimte kapsule van SpaceX, die “Crew Dragon,”het veilig neergeplons op die plek waar hy in die Atlantiese Oseaan moes land.

Die onbemande kapsule wat wel ’n pop genaamd Ripley aan boord gehad het, se sending is ’n groter sukses as wat wetenskaplikes verwag het.

Die kapsule het sy sending na die Internasionale Ruimte Stasie suksesvol uitgevoer en teruggekeer na die aarde om in die see naby die kus van die Amerikaanse deelstaat Florida neer te plons.

Valskerms wat spesiaal ontwerp is vir Dragon se “landing” het op tyd oopgegaan en kon die kapsule suksesvol terugkeer.

Die landing ter see is beskou as die heel moeilikste del van die sending, maar daarmee is nuwe hoogtes in die ruimtevaart bedryf bereik.