Sjinese uitvoer handel val dramaties

Terwyl die Sjinese hulle Nuwejaar Feesvieringe aan die begin van Februarie gehad het, het die een skok op die ander die mark analiste getref en moes hulle erken dat die afplatting gekom het weens die VSA se handelsoorlog.

Die Sjinese onderhandelaars is byna oorgretig om ’n nuwe ooreenkoms met Amerika te beklink, maar dit lyk of die Amerikaners stram is om toegewings te maak.

Die Sjinese het in Januarie moed gekry toe ’n styging in uitvoere behaal is, maar in Februarie het dit skerp gedaal. Die 9% styging in Januarie is deur Februarie se daling van 21% vernietig.

Die uitvoere na Sjina se grootste kliënt, die VSA, het in Februarie met meer as 14% gedaal wat die land rede gee om bekommerd te wees en angstig om ’n handelsooreenkoms met die VSA te sluit.

Die skerp daling in uitvoer handel het ook neerslag gevind in die land se aandele markte wat ’n daling van tot 3.3% getoon het na die uitvoer gegewens bekend geword het.