Sjina neem wraak teen Kanada oor spioenasie

Met die inhegtenisneming van een van Sjina se top amptenare van die Huawei maatskappy, het die kommunistiese land waarskynlik besluit om Kanada dubbel te straf vir die daad.

’n Voormalige diplomaat en sakeman is deur die Sjinese gevange gehou en aangekla nadat Kanada die hoof van die Sjinese maatskappy wat in aanhouding is, aan Amerika uitgelewer het.

Sjina beweer die twee  Kanadese wat hulle in aanhouding het, is betrap dat hulle Sjinese staatsgeheime gesteel het.

Die optrede van Sjina volg kort nadat Kanada die Hoof Uitvoerende Beampte van die Huawei maatskappy gearresteer het weens spioenasie op nywerheids tegnologie.

Die Sjinese vrou, Meng Wanzhou, is ook die dogter van die oprigter van die Huawei maatskappy, en die Sjinese regering was hewig ontsteld toe sy gearresteer is.

Intussen is aangekondig dat die vrou nou ’n hofsaak teen die Eerste Minister van Kanada begin, wat waarskynlik sal uitloop op ’n tweede saak teen die Trump-administrasie.