Russe moet VSA miljoene betaal

Die Russiese telekommunikasie entiteit MTS se woordvoerder het gesê hulle sal honderde miljoene dollar betaal om die korrupsie skandaal se knelpunte uit die weg te ruim.

Die Russiese leier in telekommunikasie het Donderdag aangekondig dat hulle ooreengekom het met die VSA om $850 miljoen te betaal om die korrupsie skandaal finaal te beëindig.

Die skandaal waarby omkopery aan die orde was, is ondermeer gelys op die New York Aandele Beurs en is beskuldig daarvan dat amptenare met groot bedrae omgekoop is.

Die telekommunikasie entiteit was glo vir meer as ’n dekade betrokke in die omkoop skandaal, maar is uiteindelik vasgetrek en het nou ’n ooreenkoms bereik om die geskil te besleg.