Reuse Sjinese maatskappy dagvaar VSA

Die reus in digitale produkte, Huawei, van Sjina het sy mes bejoorlik in vir die Amerikaners nadat die Trump-regering die maatskappy se finansiële hoof gearresteer het weens beweerde spioenasie.

Die finansiële hoof het met ’n uitgebreide hofsaak teen Kanada en die VSA begin en die Huawei maatskappy dagvaar nou die VSA in die hooggeregshof van Texas.

Huawei sê dat Washington se verbod op die gebruik van die maatskappy se toerusting in die hof beslis gaan word omdat die VSA ook skuldig is daaraan dat hulle die toerusting gekaap het.

Huawei ondervind ’n ernstige terugslag in sy handel met die VSA sedert die maatskappy in omstredenheid verval het in Amerika.