Republikeine kap Moslem Demokraat

Die Amerikaanse Demokratiese Party se “opkomende ster”, wat ook ’n Moslem gelowige is, het nou ’n verleentheid geword vir die grootste deel van die party se politici.

Die Moslem, Ilhan Omar, se uitsprake het gelei tot debatte in die Huis van Verteenwoordigers, en ’n oorweldigende meerderheid van verteenwoordigers het bevestig dat anti-Semitiese uitsprake ontoelaatbaar is in Amerika, en het daarmee die lid, Ilhan Omar, indirek gekritiseer.

Die Republikeine het egter dadelik op die linkse Demokrate gespring en gevra waarom die optrede van hulle verteenwoordiger in die Huis van Verteenwoordigers, Ilhan Omar, nie by die naam genoem word as die eerste en belangrikste oortreder nie.

Die finale stemming in die Huis waar die Demokrate ’n meerderheid is, het egter getoon dat die Moslem ’n groot nederlaag gely het wat selfs kan meebring dat sy uit vrye wil kan bedank.