Ramaphosa dalk swakker as Zuma

Dit blyk of die huidige ANC president, Cyril Ramaphosa, waarskynlik nog op ekonomies terreine ’n swakker leier is as sy voorganger, Jacob Zuma.

Dit is die mening van ’n anonieme ekonoom van Pretoria na aanleiding van die president se aankondiging dat hy die Reserwebank binne ’n afsienbare tyd gaan nasionaliseer.

Dit blyk nou duidelik dat Ramaphosa oor weinig kennis beskik as dit by die finsiele aspekte van ’n land kom nie, en nog minder as dit kom by die oorreding van buitlandse beleggers wanneer hul vertroue gewen moet word.

Die aankondiging het veroorsaak dat die vrotsige Rand nog verder die afgrond in tuimel, en buitelandse beleggers het hulle asvaal geskrik vir die onverwagse wending.

Die opposisiepartye het Ramaphosa so gepeper met vrae in die parlement, dat hy van die belangrikste kwelvrae nie wou antwoord nie.

Dit is vir hom waarskynlik beter om kwelvrae nie te antwoord nie as om soos in die verlede, blatant te lieg.

Foto – Die ANC president