Premier May vra EU hulp met Brexit

Met ’n vinnig naderende datum van uittrede uit die Europese Unie, en ’n onwillige Britse parlement wat weier om ’n ooreenkoms goed te keur vir uittrede, word Premier may se opsies uiters gering.

Sy het uit radeloosheid nou ’n laaste poging aangewend deur die Europese Unie te vra om haar te help dat sy nie sonder ’n ooreenkoms terugkeer na Brittanje nie.

Kenners sê die moontlikheid word al sterker dat ’n “geen akkoord” uittrede vir Brittanje voor die deur is, wat vir beide die Britte en die Europese Unie se lidlande nadelig sal wees.

Dit het die Britse Eerste Minister, Theresa May, gedwing tot ’n noodkreet en die EU versoek om tye help dat ’n “geen akkoord” nie op 29 Maart die lot sal wees wanneer Brexit voltrek word nie.

Die premier reken die Europese Unie behoort konsessies in te bou wat die Britse Parlement sal aanvaar om dan ook die ooreenkoms goed te keur.

Verlede Vrydag het Brussl en Londen hulle hoop uitgespreek dat ’n ooreenkoms tog bereik sal word in belang van beide groepe.