Nuusflitse

Valke slaan toe in Rustenburg

Die plaaslike munisipaliteit is deur die Valke “besoek” in verband met tender bedrog ter waarde van R 85 miljoen.  Amptenare en diensverskaffers is na bewering betrokke by die misdaad.

Kaapse damme op 52,7%

Damme wat Kaapstad van water voorsien se vlakke staan tans op 52,7% in vergeleke met verlede jaar se 23%.  Inwoners word egter nog steeds versoek om spaarsaam te wees met verbruik. Intussen kan die Oos-Kaap  vandag welkome reën verwag oor die volgende twee dae.

Gesin van vyf geskiet

‘n Gesin van vyf is gedood in ‘n voorstad van Durban.  Na berig is dit die pa, ma en hul drie kinders.  Een van die oorledenes was glo ‘n landdros en die polisie ondersoek die moontlikheid van moord of selfmoord.  ‘n Wapen is op die toneel gevind.