Noord-Korea hervat kernwapen program

Satelliet waarnemings toon duidelik dat die kommunistiese Noord-Korea sy kernwapen missiel program hervat het voordat die onderhandelings met Amerika misluk het.

Kenners wys daarop dat die herbou van ’n aanleg reeds begin het lank voordat die ontmoeting met President Trump sou plaasvind.

Ingeligte politieke ontleders sê dit is een van Kim Jong-Un se kenmerke dat daar nie op sy ondernemings, ooreenkomste, of versekerings staatgemaak kan word nie.

Die aanleg wat verlede jaar afgebreek is as eerste teken van samewerking met Amerika wat klaarblyklik nog ’n leuen uit Kim Jong-Un se onderhandelings.

Die vermoede bestaan dat hy die aanleg afgebreek het omdat ’n verbeterde aanleg opgerig moes word, wat nou besig is om gedoen te word.

Politieke waarnemers sê dit is duidelik dat die kommunistiese leier nooit van gedagte was om werklik tot ’n ooreenkoms te kom met president Trump nie.