Italië bewillig miljarde vir armoede projek

Die nasionalistiese regering in Italië het sowat R120 miljard bewillig om armoede in die land te bestry asook ’n projek te begin om werkloosheid uit te skakel.

Die beoogde projek is sterk teengestaan deur die Europese Unie wat van mening is dat die Italiaanse ekonomie nie so ’n groot projek kan dra nie.

Die Italiaanse bevolking het reeds begin om aansoeke in te handig vir die subsidies wat toegestaan word, en is een van die regering se grootste beloftes aan die kiesers van die land gedurende die verkiesingsveldtog.

Die 5-Ster Beweging het egter die EU se kritiek verwerp en gesê die belofte sal nagekom word te midde van die ekonomiese situasie wat nie rooskleurig is nie.

Die projek is ’n nuwe benadering tot die bekamping van armoede en die skep van nuwe werksgeleenthede, wat uiteindelik kan verseker dat die staat se inkomste verhoog deur die persoonlike en ander belastings.

Foto – Luigi Di Maio van Vyf Ster beweging