Hongarye: Christelike waardes kom eerste

Die waarskuwing van die Europese Volksparty aan die Hongaarse Eerste Minister, Viktor Orban, het veroorsaak dat sy party skerp gereageer het op die dreigement om geskors te word.

Lidmaatskap van die Europese Unie se konserwatiewe politieke blok, die Europese Volksparty, is wel baie belangrik, maar is beslis nie so belangrik as wat die Christelike waardes vir Hongarye is nie.

Die opmerking kom van die Fidesz Party in Hongarye waat ook van mening is dat die onwettige immigrante wat na Europa stroom, die Christelike waardes bedreig.

Die party het dit onomwonde gestel dat sy skorsing uit die Europese Volksparty ’n jammerlike gebaar sal wees, maar die Fidesz Party kan nie sy standpunt oor die vreemdelinge verander net om lid van die skorsing te verhoed nie.

“beskerming van die Europese Christelike waardes is veel belangriker as die lidmaatskap van die Europese Volksparty, het ’n woordvoerder van Fidesz Party gesê.

By ’n vroeëre geleentheid het Premier Orban aan die EU gesê hulle wou die immigrante hè, Hongarye wou hulle nie hê nie, daarom moet julle hulle versorg.

Foto – Premier Viktor Orban