Hongaarse premier voor ultimatum gestel

Die nasionalistiese Eerste Minister en sy politieke party kry nou die wind van voor uit die konserwatiewe geledere in die Europese Parlement.

Premier Viktor Orban’ en sy Fidesz Party staar skorsing in die gesig uit die konserwatiewe Volksparty van die EU Parlement.

Die leier van die Europese Volksparty, Manfred Weber, se die Hongaarse premier kon die skorsing vermy het as hy voldoen het aan die versoek wat tot hom gerig is.

Weber het egter gepleit dat ’n laaste poging aangewend moet word om die Hongaarse Fidesz Party binne die konserwatiewe geledere van die Europese Volksparty te hou.

Die optrede volg nadat Hongarye ’n reeks plakkate opgestel het waarin beweer word dat die EU saamwerk met die miljardêr Soros om meer onwettige immigrante na Hongarye te bring.

Weber het namens die Europese Volksparty ’n ultimatum aan Hongarye se regering gerig en gesê hulle moet onverwyld die veldtog teen die Europese Unie staak of sal sekerlik uit die party geskors word.

Foto – Premier Viktor Orbam