Hof beslis Duitse spioene is verkeerd

Die Duitse Intelligensie Agentskap het erken dat hulle nie kan sê die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland is ’n gevaar vir die land se veiligheid nie.

’n Regter het beslis dat die opmerking deur die Intelligensie Agentskap onverantwoordelik is om die AFD op so ’n wyse te etiketteer.

Die Duitse Kantoor vir Beskerming van die Grondwet het na afloop van die hofsaak gesê hy aanvaar die beslissing van die regter wat ook beslis het dat so ’n bewering oor die AFD nie weer geopper mag word nie.

Om ’n politieke party te klassifiseer as “gevaarlik” in Duitsland, gee die Kantoor vir Beskerming van die Grondwet die mag om die politieke party te verbied om aan verkiesings deel te neem.

Kenners reken die koalisieparty van Kanselier Merkel sit agter die saak in ’n poging om ontslae te raak van die party wat moontlik ’n volgende verkiesing kan wen.