Goodwill se begroting styg met R9 miljoen

Die Zoeloe koning, Goodwill Zwelithini, ontvang in die nuwe begrotingsjaar ’n bykomende R9 miljoen wat sy totale ontvangste op R66 miljoen te staan bring.

Berekeninge toon dat sy begroting oor drie jaar R75 miljoen per jaar sal beloop. Alhoewel die begroting vanuit die premier se kantoor kom beteken dit dat dit belastingbetalers is wat die geld betaal.

Die onding om ’n tradisionele leier so te bederf is nog ’n teken van swart bevoordeling, waarvan die Zoeloes die grootste voordeel trek.