Franse president se vreemde optrede

Nog nooit in die bestaan van die Europese Unie het ’n staatshoof of ’n Eerste Minister hom in ’n brief gewend tot al die mense van die EU lidlande nie.

Die besondere geval het nou die Franse president, Emmanuel Macron, te beurt geval met so ’n brief wat gerig is aan al die burgers van lande wat lid is van die Europese Unie.

Die optrede is vreemd, maar begryplik, se politieke ontleders wat van mening is dat die Fransman erg bekommerd is oor die voortbestaan van die EU aangesien die behoudende elemente in die EU ’n bedreiging geword het.

In ’n ope brief aan burgers in die EU skryf die president sy siening oor die gevare van vyande binne en buite die Europese Unie wat net beveg kan word met ’n eendragtigheid.

Die brief het in 28 lande se belangrikste koerante verskyn, en is klaarblyklik sy poging om die sosialiste te bevoordeel in die komende verkiesing van lede vir die Europese Parlement.

Politieke ontleders sê egter dat President Emmanuel Macron een van die staatshoofde is met die minste invloed, en dat die skrywe van min betekenis is vir die stemgeregtigdes wat vanjaar sal konsentreer om ’n meer konserwatiewe samestelling te verseker.

Foto – President Macron