“Fop Nuus” strafbaar in Rusland

Die regering van President Vladimir Poetin het aangekondig dat wetgewing aangeneem is wat fop nuus as ’n ernstige oortreding sal beskou en strafbaar wees met boete en selfs tronkstraf.

Die verspreiding van fop nuus is besig om die wêreld met foutiewe inligting te oorspoel, en Rusland wil juis voorkom dat fop nuus in die mediese omgewing vermy moet word wat mense se lewns in gevaar kan stel.

Politieke ontleders wys egter daarop dat die Russe van fop nuus gebruik wil maak om joernaliste en verslaggewers in te perk met totale sensuur wat ook op die internet van toepassing sal wees.

Die erns van die saak is sodanig dat daar verskeie ministers in die Poetin kabinet is wat ook nie ten gunste van die nuwe wetgewing is nie, en daar bestaan vermoedens dat dit ’n nuwe form van inkorting op persvryheid kan wees.

Die wetgewing is egter met ’n oorweldigende meerderheid aanvaar in die Russiese parlement. Die wet bepaal ondermeer dat iemand se webblad sonder waarskuwing geblok kan word en dat ’n boete van tot 4,000 euro opgelê kan word en by herhaling van die oortreding kan ’n bykomstige straf van 15 dae tronkstraf ook opgelê word.

Foto – President Vladimir Poetin