Finland regering bedank skielik

Die regering in Finland, onder leiding van die Eerste Minister, Juha Sipila, het onverwag en tot skok van die kiesers, sy regering se bedanking aangekondig.

’n Woordvoerder van die premier se parlementêre groep sê die bedanking volg nadat die hervormingsplan vir gesondheidsorg misluk het.

Die Eerste Minister het sy regering se amptelike bedanking die afgelope naweek by die president ingehandig wat die bedanking aanvaar het.

Finland is geskeduleer om ’n algemene verkiesing te hou gedurende April vanjaar en die vermoede is dat ’n splinternuwe koalisie regering saamgestel sal word.

Politieke ontleders wys egter daarop dat die Eerste Minister tog weer ’n verkiesing kan wen aangesien sy Senter Party met ’n sterk meerderheid oorwin het in die vorige verkiesig.

Foto – Premier Juha Sipila