Eskom kry sy sin met verhogings

Die bankrot kragvoorsiener van Suid-Afrika, wat reeds miljarde Rand uit die belastingbetalers se sakke gesteel het, het weereens sy sin gekry.

Die swak regeerders van die land het geswig en toegelaat dat swaar verhogings die verbruikers gaan tref in die komende drie jaar.

Die ANC regering het onder leiding van die Energie reguleerder van SA (Nersa) weer geswig en Eskom toegelaat om sy tariewe vir kragvoorsiening onrealisties hoog aan te pas.

Die 15% wat Eskom wou gehad het is nie toegestaan nie, maar in 2019 sal verbruikers 9,4% meer betaal, en in 2020 styg die prys met 8.1% terwyl ’n styging van 5.2% van toepassing is vir 2021.

Dit sal die jaarlikse inkomste met R784 miljard verhoog, en kenners wys daarop dat Eskom gewoonlik die verhoging verdubbel in hulle aansoeke, en ontvang dan meer as wat werklik nodig is.