Eskom baas en R800 miljoen kontrak

Dit blyk dat Matshela Koko, vorige hoof van Eskom, ‘n kontrak van R6,5 miljard gewaarborg het indien hulle die maatskappy ‘n subkontrak sou gee aan ‘n maatskappy wat gedeeltelik deur sy stiefdogter besit word.

Die stiefdogter se maatskappy is geregistreer as Impulse International.  Asea Brown Boveri (ABB), ‘n Switserse maatskappy, het die verklaring gemaak tydens ‘n verslag aan die Spesiale Ondersoek Eenheid.

ABB is een van elf maatskappye wat tans ondersoek word vir diefstal by Eskom.

Impulse International het twee keer ‘n subkontrakteurs vraelys gedruip e met 59% en 43% en die maatskappy se werk by Kusile kragstasie is beoordeel as substandaard gehalte en hopeloos oorprys.