Duitsland woedend oor Venezuela optrede

Duitsland se Minister van Buitelandse Sake, Heiko Maas, het skerp gereageer op die aankondiging van Venezuela dat die Duits ambassadeur die land moet verlaat.

Die minister ondersteun ook die tussentydse president, Juan Guaido, maar is gebelgd oor die Maduro-regime se besluit om sy ambassadeur te beveel om Venezuela te verlaat.

Intussen is bekendgemaak dat die ambassadeur Daniel Kriener reeds per vliegtuig teruggekeer het na Berlyn.

Die minister het later gesê die optrede van Venezuela se president is onaanvaarbaar, en bygevoeg dat Duitsland beslis die selfaangestelde president, Juan Guaido erken en nie meer die Maduro-rgime sal erken nie.

Slegs drie lande, Rusland, Sjina en Turkye erken die Maduro bewind terwyl meer as 50 lande se regerings reeds gesê het dat hulle nie die Maduro bewind erken nie.

Foto – Minister Heiko Maas