Duitsland” Wie stem vir regse AFD

In Duitsland is gerugte die nek ingeslaan dat dit slegs die werkloses, die arm mense en die swak opgeleide mense, en die bejaardes is wat vir die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) stem.

Die belangrikste aanwyser oor wie werklik vir die AFD stem, word egter gevind in die vraag of kiesers dink die onwettige immigrante is nadlig vir Duitsland.

In die jongste studie deur die Universiteit van Marburg in die westelike deel van die land, word beweer dat dit tradisie is by sekere mense om nasionalisme te ondersteun.

Die Sosialis Martin Schröder sê dit is ’n mite dat die laer inkomste groepe en ouer mense die AFD steun, en wys op die saamtrekke wat gehou word waar hoofsaaklik jong werkende mense teenwoordig is.

Die studie toon dat steun vir die party uit alle lae van die Duitse bevolking kom, en dit hou vir sosialisme ’n ernstige bedreiging in.

Die ironie van die saak is dat geen studie hierdie belangrike feite bekend wou maak of erkenning daaraan gee nie.