Duitse werkers ’n voorbeeld vir almal

Duitse werkers het aan die wereld se arbeiders ’n positiewe voorbeeld gestel met hulle hardwerkende gesindheid wat in 2018 getoon het hoe ’n land se ekonomie met produktiwiteit versterk word.

Die Duitsers het meer werksure in 2018 ingesit as wat met die rekord behaal is kort na hereniging met Oos-Duitsland toe 60,3 miljard ure se werk gelewer was.

Die wereld het met hereniging asem opgehou en doemprofete het gedink die Duitsers se ekonomiese krisis sal onopgelos bly, maar die werketiek van die volk het almal verkeerd bewys, en in 2018 is ’n nuwe rkord opgestel toe 61,1 miljard werksure gelewer is.

Ekonome sê dit is een van die hoofredes waarom Duitsland die enigste land in die wêreld is wat geen buitelandse skuld het nie, en met sy groeiende ekonomie weer een van di magtigste moondhede sal word.