Duitse ambassadeur moet Venezuela verlaat

Die Duitse ambassadeur in Venezuela, Daniel Kriener, is aangesê om die land te verlaat binne 48 uur.

Hy word daarvan beskuldig deur die president van die land, Nicolas Maduro, dat hy as ambassadeur ingemeng het in die huishoudelike sake van Venezuela.

In ’n verklaring deur die Minister van Buitelandse Sake in Venezuela sê hy dat die Duitse ambassadeur, Daniel Kriener, herhaaldelik ingemeng in die land se interne sake wat in stryd is met die norme vir diplomatieke verhoudings.

Daniel Kriener beklee die amp sedert 2018 en het hom openlik geskaar by die diplomate wat Juan Guaido ondersteun het nadat hy homself as die tussentydse president van Venezuela verklaar het.

Intussen het Juan Guaido teruggekeer van ’n tien dae reis om samesprekings te voer met regeerders in die Suid-Amerikaanse state.

Hy was deur die Maduro regering gedreig om nie die land te verlaat nie, maar Westerse moondhede het Maduro gewaarsku om nie teen die jong politikus op t tree nie.

Foto – Ambassadeur Daniel Kriener