CNN gedagvaar vir miljoene dollar

Die vêr linkse, anti-Trump nuus kanaal CNN in die VSA het hierdie keer met sy leuens in beriggewing blykbaar te vêr gegaan.

’n Berig wat vir twee dae aaneen uitgesaai is oor ’n jong student wat met ’n rooi Trump pet op sy kop was CNN se teiken om weereens ’n hou in te kry teen President Donald Trump.

CNN het berig dat die student deel was van ’n groep wat teen Israeliete gal gebraak het terwyl die student hoegenaamd nie by die voorval betrokke was nie.

Die student se ouers het met ’n hofsaak begin en eis minstens $250 miljoen (sowat R3,500 miljoen) van die linkse CNN met die uitgangspunt dat CNN die leuens met tussenposes oor ’n tyd van twee dae aan miljoene mense verkondig het, klaarblyklik omdat hy ’n pet op gehad het wat die president se slagspreuk het van “ons sal Amerika weer sterk maak”.

Die regsverteenwoordigers van die student het ook ’n saak begin teen die linkse Washington Post koerant met die argument dat die koerant gesorg het dat die berig oor die student ook op die sosiale netwerk is, en daarom is die koerant ook met dieselfde bedrag as eis gedagvaar.