City Power werknemer afgedank

‘n Werknemer van City Power is afgedank nadat hy skuldig bevind is aan wangedrag en sameswering met kontrakteurs.

Hy het glo betalings gefasiliteer vir werk by die Eldorado Park substasie wat nooit gedoen is nie. Dit is die tweede werker wat afgedank is as gevolg van sameswering met dieselfde kontrakteur Setho Engineering.

Setho Engineering het betaling van meer as R88 miljoen ontvang vir werk wat nooit voltooi is nie.

Beide direkteure van Setho Engineering  is in 2017 gearresteer maar die Nasionale Vervolgings Gesag het verkies om die saak terug te trek.