Chaos bars los in Venezuela

Chaos het losgebars in die hoofstad Caracas toe die stad skielik in algehele duisternis gelaat is vir meer as vier uur terwyl mense terugkeer huis toe na ’n dag se werk.

Die diktator, president Nicolas Maduro, het onmiddellik van die geleentheid gebruik gemaak om Amerika te beskuldig as die sondebok wat vir die kragonderbreking verantwoordelik is.

Later is vasgestel dat die grootste deel van Venezuela in donker gehul was as gevolg van ’n massiewe kragonderbreking.

Kenners sê dit is die grootste kragonderbreking wat die land nog ooit getref het te midde van die gereelde kragonderbrekings wat in die land voorkom weens die finansiële krisis.

Gefrustreerde inwoners het in die hoofstad se strate met potte en panne ’n lawaai opgesit wat kilometers vêr gehoor kon word