Brandstof heffings knou verbruikers

Bykans 60% van die brandstof prys gaan nou aan belastings en heffings vir die bankrot staat van Suid Afrika.

Belasting  het volgens waarnemers die hoogte ingeskiet sedert 2008 toe die vasgestelde belasting R1.76 was teenoor die R 5,63 wat tans van toepassing is.

Dit is ’n  verhoging van 220%!  Met die 29 sent verhoging wat oor die volgende twee maande kom is die persentasie nog hoër.

Motoriste betaal tans R8,64 aan die regering vir elke liter brandstof wat hy aankoop.