Boeing 737 vliegtuie staan onbenut

Nadat die tweede nuwe Boeing 737 binne enkele maande na mekaar neergestort het, is verskeie lande nou versigtig en wil nie hulle Boeing 737 vliegtuie gebruik nie.

Die binnelandse lugvaart van Sjina asook die van Ethiopië het hulle 737 modelle op die grond laat bly tot groter duidelikheid verkry is na die oorsaak van die afgelope week se ongeluk waarin al die mense aan boord omgekom het.

Die vliegtuig was slegs enkele minute in die lug toe die vlieënier besluit het om eerder om te draai, maar voordat dit kon gebeur, het die vliegtuig in Ethiopië neergestort met 157 mense aan boord wat almal omgekom het.

Sjina het sovêr gegaan as om rederye te versoek om nie hulle Boeing 737 Max vliegtuie te gebruik alvorens duidelikheid verkry is oor wat die oorsaak van die ongeluk in Ethiopië is nie.