Binnelandse Sake se uitstekende diens

Die 45-jarige Robert Masuku het sedert 1994 sy kruisie getrek tydens die verkiesings, maar nou het daar ’n nuwe wending gekom.

Die Departement Binnelandse Sake het hom meegedeel dat hy sy oorlede ma moet saambring want anders word hy as ’n onwettige immigrant beskou.

As sy oorlede ma nie saamkom nie, kan hy nie ’n ID dokument kry nie, se die amptenaar by die Departement.

Toe hy verlede jaar sy dogter geneem het na die Departement se Mamelodi kantoor sodat sy ’n ID dokument kan kry omdat sy 18 jaar geword het, het die amptenaar hom in kennis gestel dat hy op rekord is as ’n onwettige immigrant.

Hy is in Nelspruit gebore en beskik oor ’n groen ID boek, maar nee, hy is onwettig in die land tensy hy sy oorlede ma bring na die kantoor.