ANC kan Gauteng verloor

Meningsopnames wat deur die linkse media gedoen is, dui daarop dat die regerende ANC die Gauteng provinsie kan verloor.

Die peiling toon glo dat die ANC sowat 7.4% van sy steun verloor het regoor die land, en voorspel dat hy die Gauteng provinsie kan verloor.

Die mening bestaan ook dat die ANC sy meerderheid in die parlement kan verloor, wat veel gouer is as wat politieke ontleders verwag.

Ontleders sê die moontlikheid is nie uitgesluit dat Suid-Afrika ’n koalisie regering kan kry nie, wat tot veel groter chaos sal lei as wat tans ervaar word.

Die jongste peiling soos bepaal is deur die Instituut vir  Rasse Verhoudings word allerweë as redelik betroubaar beskou, maar die meer konserwatiewe blanke kiesers sê die peilings is nie betroubaar nie en word verwerp.