Wes-Kaap. Wes-Kus Utopia

Die Wes-Kaap en in besonder die Wes-Kus gebiede word deur baie mense en Afrikaners beskou as ‘n veilige “hawe” om hul te vestig.  Die groot emigrasie vanuit Sodom en Gomorra is veral opmerklik in gebiede soos Vredendal, Langebaan, Velddrif en ander dorpe in die gebied.  Mosselbaai en Hartenbos bars uit hul nate met nuwe intrekkers.

Ruim ses jaar gelede het mnr Bennie van Zyl, die Hoof Uitvoerende Beampte van TLU SA ‘n “toer” onderneem om mense en spesifiek landbouers bewus te maak van grondhervorming en die toestromings gevaar in dorpsgebiede.

Een so ‘n vergadering is deur bykans 45 jong boere in Vredendal bygewoon en Bennie se toespraak is baie goed ontvang. Daar is dan ook dadelik gemeld van ‘n opvolg vergadering om strategie te bespreek. So het ‘n week, ‘n maand en ja ses jaar verloop sonder enige aksie of reaksie.

Nou in Februarie 2019 word ‘n boer in die Lutzville omgewing, Jaco van Zyl vermoor op sy plaas.  Ironies dat sy van ook Van Zyl is.  Word daar met mense in die gebied gepraat oor selfbeskikking dan word jy of geïgnoreer of die saak word as onhaalbaar afgemaak.

Die verkiesing van 2019 lê voor met sy gepaargaande opswepery deur politici  van die massas.

Wat wag vir die Boere Afrikaner? Nie net as landbouer nie maar as inwoner van hierdie Reënboogland? Wanneer gaan die mense besef dat hul heil nie meer te soek is in ‘n land waar die Antichris regeer en waar die Witman ‘n bedreigde spesie is?

Fred Schoeman