Weerpatroon laat waarnemers kopkrap

’n Hittegolf wat rekord hoë temperatuur gelewer het in die suidooste van Australië, en erge droogtetoestande, teenoor vloedskade en oorstromings In Queensland, en in Kalifornië, Chicago is dit bibberend koud, wat die waarnemers laat kopkrap.

Is dit maar deel van die gewone natuurverskynsels wat van tyd tot tyd duur, of is dit onnatuurlike natuurverskynsels waaroor die mens geen beheer het nie.

Satelliet waarnemings toon dat verskeie natuurverskynsels redelik normaal is en selde voor kom, maar daar is ook die verskynsels wat kommer wek.

Die uitermatige koue wat die VSA ondervind het, is nie ’n normale verskynsel nie, alhoewel soortgelyke gevalle geregistreer is, maar nie die geweldige lae temperature gehad het nie.

Wetenskaplikes se onderskeid moet getref word tussen gewone natuurrampe en uitermatige toestande wat ongekend is in ’n gebied.

Ontleders wys daarop dat die kommunikasiestelsel in die wereld dit moontlik maak om beeldmateriaal binne oomblikke wêreldwyd bekend te maak, wat die gevoel wek dat meer natuur rampe voor kom as in die verlede.

Dit beteken egter nie dat die uitermatige groot rampe beskou moet word as redelik normaal nie, is gesê.