VSA stuur nog soldate na grens

Die Amerikaanse Pentagon het bekendgemaak dat ’n bykomende 3,750 weermag soldate na die grens met Meksiko gestuur word.

Die Ministerie van Verdediging sê die troepe word oorgeplaas om die polisie by te staan teen die onwettige immigrante wat probeer om die land in te kom.

Die aanvulling bring die totale aantal soldate wat grensdiens verrig teen die Meksikaanse grens op 4,350 te staan.

Die troepe sal saam met die polisie werk om ’n afstand van sowat 250 kilometer te bewaak teen moontlike insypeling vanaf Meksiko.

Kenners wys daarop dat die “afsluiting” van die Amerikaanse regering weens die feit dat ’n ooreenkoms met die Demokrate, wat die Huis van Afgevaardigdes beheer, nie bereik kon word nie, het die land meer gekos as die $5,7 miljoen wat dit sal kos om ’n grensmuur op te rig.

Indien die twee partye weer nie tot ’n ooreenkoms kan kom nie, is ’n opvolg :afsluiting” van die regering weer in gedrang en kan 800,000 mense weer huis toe gestuur word met onbetaalde verlof.