VSA onttrek uit Kernmissiel ooreenkoms

Die Verenigde State van Amerika het begin met sy onttrekking uit die Internasionale Kernmissiel ooreenkoms met Rusland.

President Donald Trump het gesê Amerika saal die besluit omkeer as Rusland sy missiele gaan vernietig wat hy onwettig besit ingevolge die ooreenkoms.

Die Wit Huis het aangekondig dat die VSA onttrek van die ooreenkoms wat gesluit is om die Koue Oorlog af te sluit en wat ondermeer bepaal dat die moondhede nie sekere standaarde saal oorskrei met die bou en ontwikkeling van missiele nie.

Dit het die voordeel dat ’n duur wapen wedloop vermy word, maar die VSA beweer dat Rusland die ooreenkoms geskend het  en eis dat die missiele waarmee die ooreenkoms geskend is, vernietig sal word.

Indien Rusland nie hieraan voldoen nie, beteken dit dat die wapen wedloop gaan begin, en dat die VSA derhalwe onttrek uit die akkoord.

Amerika het Rusland ’n tydperk van ses maand gegee om sy huis in orde te kry, anders gaan onttrekking uit die ooreenkoms voort.

Die Internasionale ooreenkoms bepaal ondermeer ook dat kernwapen missiele beperk word in reikafstand van 500 tot hoogstens 5,500 kilometer afstand.