VSA en Sjina praat oor handelsoorlog

Die stryd tussen Amerika en Sjina wat gelei het tot ’n invoer heffing aan beide kante, het die Sjinese gedwing om na die onderhandelingstafel te kom weens ’n dramatiese afplatting in sy groeikoers.

Dit vind plaas in die week waartydens een van Sjina se grootste maatskappye op tegnologiese gebied, Huawei, in die VSA vervolg word weens beweerde bedrog en spioenasie.

Indien ’n ooreenkoms tussen die twee lande nie teen Maart vanjaar bereik word nie, sal die Amerikaanse tariewe verdubbel op $200 miljard van Sjinese goedere.

Die handelsoorlog het begin nadat president Trump die Chinese gewaarsku het om meer goedere van die VSA te koop ten einde ’n meer ewewigtige balans te verkry, maar die kommunistiese land het nie woord gehou nie, en die VSA het begin met die instel van invoerbelasting op Sjinese goedere.