VSA en Sjina bereik handels-akkoord

Terwyl Japan en die Europese Unie ’n vryhandel ooreenkoms aangegaan het, is onderhandelings tussen Amerika en Sjina besig om positiewe vordering te toon.

Washington en Beijing het reeds ’n positiewe stadium berik in hulle poging om tot ’n beter bedeling t kom nadat die VSA se maatreëls Sjina se ekonomie ’n ernstige knou toegedien het wat hom genoodsaak het om terug te keer na die onderhandelingstafel.

Waarnemers is egter skepties of die onderhandelings tot ’n finale ooreenkoms kan kom voor die VSA se verskerpte heffings instel op 1 Maart vanjaar.

President Donald Trump het pas gesê dat gesprekke oor ’n handelsooreenkoms tussen die twee lande het reed goeie vordering gemaak, maar daar is nog ’n groot aantal sake wat aandag moet kry.

Die onderhandelings moet voor 1 Maart ’n finale stadium bereik het as Sjina wil voorkom dat Amerika sy verhoogde heffings instel op invoere ten bedrae van meer as $200 miljard per jaar.