Vooruitgang

Die ontdekking van ’n ruse gas kolom in die Suidsee gebied van Suid-Afrika is verblydend, en die verdere soektog na moontlike olie in die nabyheid, het nuwe hoop gebring vir moontlike vooruitgang op ekonomiese gebied.

Dit is egter ’n skrale hoop, want Suid-Afrika het ’n aandeel in die Total soektog van minder as 10%, wat beteken dat daar weinig voordeel sal wees aan die werkerskorps en eindverbruikers.

Te midde hiervan lê die moontlikheid van hernude korrupsie wat kan ontaard in ’n tweed Bosasa, tot ernstige nadeel van die belastingbetalers.

Die vooruitgang wat die resident so dikwels aanhaal in sy toesprake, is ook ingekleur met inligting wat twyfelagtig is, en het hy tydens sy Staatsrede in die parlement verwys na die verdeling wat op Eskom wag deur dit in drie afsonderlike entiteite op te deel.

Dit mag wel klink na goeie sakebeginsels, maar sonder bekwame, eerlike en hardwerkende leiers in die drie entiteite, is al die mooi woorde waardeloos.

Die miljarde Rand se beleggings wat sal kom uit die buiteland, waarop hy steun , het nog nie gerealiseer nie, en sit die beleggers van oorsee en wag of Suid-Afrika werklik sy korrupsie, geweld en die walglike van grondgryp wat die sterkste vorm van demokrasie verkrag, gaan laat vaar.

Die opvallende is dat die president huiwerig was om oor sy grondgryp diefstal uit te wy gedurende die Staatsrede, en dit is wat oorsese beleggers afskrik en vooruitgang belemmer.