Verhouding tussen Frankryk en Italië versuur

Die Franse Sosialistiese president, Emmanuel Macron, het die Franse ambassadeur in Italië teruggeroep uit Rome.

Die ambassadeur is teruggeroep na Parys in oorleg met president Macron weens die :herhaalde beskuldigings” en ook die “ongefundeerde aanvalle” van die Italiaanse nasionalistiese regering teenoor die Macron-regering.

Volgens die Franse Minister van Buitelandse Sake is die aanvalle van die Italiaanse regering ongekend sedert die afloop van die Tweede Wêreldoorlog.

Die Franse minister sê ’n nuwe hoofstuk van ’n diplomatieke vete is begin deur die populisties Italiaanse regering, en dit het die regering genoodsaak om sy ambassadeur terug te roep vir ’n volledige verslag oor die Italiaanse optrede.

Foto –  President Emmanuel Macron