Venezuela Weermag moet Guaido steun

Die Suid-Amerikaanse lande wat deel is van die Lima-groep het ’n beroep op die Weermag van Venezuela gemaak om hulle te skaar by die opposisieleier, Juan Guaido.

Guaido, wat homself as die tussentydse president van die land verklaar het, word deur die Westerse moondhede erken as die regeerder van die land.

Die omstrede president Maduro het vroeër geweier dat kiesers na die stembus kan gaan in ’n vervroegde presidentsverkiesing, en dit het nie net die rgerings van Latyns-Amerikaanse state ontstel nie, maar ook die groot moondhede soos Kanada, Amerika, Duitsland, Spanje, Frankryk en Brittanje het te kenne gegee dat hulle die Maduro-regime nie erken nie.

Waarnemers meen die oproep tot die Weermag leiers om hulle steun aan Juan Guaido te gee, kan lei tot ’n burgeroorlog in die land.

Die Lima-groep, bestaande uit 14 lande in Suid-Amerika, se steun aan die opposisieleier is van groot betekenis en die openlike steun wat kan kom van die Weermag, kan ’n blitsvinnige ommekeer in die land meebring, is gesê.

Foto – Juan Guaido