Venezuela kry nie vervroegde verkiesing

Die omstrede president van Venezuela, Nicolas Maduro, het die afgelope naweek aangekondig dat geen vervroegde verkiesing gehou sal word nie.

Die aankondiging volg nadat opposisielede weer in die hoofstad Caracas ’n protes optog gehou het waarin meer as 100,000 mense met plakkate en baniere die president se bedanking geëis het.

Maduro se aankondiging het in dieselfde tyd elders in die hoofstad gekom voor ’n skare van sowat 10,000 mense wat hulle steun aan die diktator gegee het.

Dit is die eerste keer in maande dat die president in die openbaar verskyn het, en tydens die byeenkoms het hy bevestig dat hy ook nie van plan is om te bedank nie.

Intussen het verskeie Europese lande hulle aangesluit by die VSA om nie die Maduro-regime te erken nie, en Guaidó te erken as tussentydse president van die land.

Guaidó het inou met ’n projek begin waarvolgens voedsel en medikasie na die land kom en dur sy party beheer word vir ’n regverdige bedeling om dit te versprei aan inwoners.

Foto – Opposisieleier Guaidó en gade