Vakbonde woedend oor Ramaphosa plan

President Cyril Ramaphosa se plan om Eskom in drie afsonderlike entiteite op te deel, word deur die vakbonde verwerp.

Die twee voorbok vakbonde is die National Union of Metalworkers in SA (Numsa) en die National Union of Mineworkers (NUM).

In sy Staatsrede het Ramaphosa in die parlement gesê die Eskom entiteit gaan in drie afsonderlike strukture opgedeel word, wat elkeen ’n besondere rol sal vervul.

Die Eskom entiteite sal bestaan uit ’n Verspreider, Aandrywing en ’n Opwekking eenheid, en terwyl dit gedoen is, sal die staatsbeheerde Eskom nie geprivatiseer word nie, maar sal aandele beskikbaar gestel word.

Irvin Jim, sekretaris van Nimsa sê die “opbreek” van Eskom is niks anders as privatisering deur die agterdeur nie.

Die vakbond het gedreig dat sy lede nie na die stembus sal gaan nie, en kan Ramaphosa ’n harde terugslag gee as dit gebeur.

Die Unie glo die verdeling van Eskom sal lei tot werkverliese wat tot nadeel van die nasionale ekonomie sal lei en sê dit gaan ook meebring dat duurder krag vir verbruikers wag.

Num het ook standpunt ingeneem teen die Ramaphosa plan en gesê dit sal lei tot massa werkloosheid oor groot gebiede in Oos-Transvaal.