Vakbonde hou Eskom gyselaar

Met ’n oorbelading van Eskom se personeel, is dit nou duidelik waarom die entiteit nie daarin slaag om finansieel sy kop bo die water te kry nie.

Ondersoeke toon dat die vakbonde verantwoordelik is dat Eskom met 40% van die huidige personeel, die werk gedoen sal kry.

Daaruit word afgelei dat Eskom 60% van sy personeel behoort te laat gaan, wat ook die finansiële posisie sal verbeter.

Die jarelange vakbond beheer oor Eskom waarmee hulle druk toepas om meer en meer personeel aan te stel, is maar net nog ’n teken van hoe korrup Suid-Afrika geword het, sê politieke ontleders.

Met 60% minder personeel, word die skuldlas ligter, maar word die regering tot verantwoordelikheid geroep oor waarom hy so ’n ongerymdheid toegelaat het wat waarskynlik verband hou met verkiesings.