Trump in onderhoud met “vyand”

President Donald Trump het tot menige se verbasing, ’n personderhoud toegestaan aan die linkse “vyand”, die New York Times.

Die onderhoud in sy kantoor in die Wit Huis, het egter nie verloop sonder om die onderhoudvoerder weereens te laat verstaan dat hy hulle as ’n vyand van die Amerikaanse volk beleef nie.

Die onderhoud is in die Ovaal Kantoor van die president gevoer, iets wat nie dikwels toegestaan word nie, en dit het verbasing uitgelok toe verneem is dat die president die koerant se redakteur uitgenooi het vir die onderhoud.

Om alls te kroon, is die redakteur ook uitgenooi om middagete saam met die president te geniet terwyl hulle verskeie onderwerpe aangeroer het.