Trump en Kim sal vergader in Vietnam

President Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un ontmoet mekaar vir samesprekings op 27 en 28 Februarie in Vietnam.

Die Amerikaanse president het gesê die samesprekings is ’n lang verwagte ideaal om ’n tweede gesprek oor die kernmissiel ontwikkeling van Noord-Korea te praat.

“Die gesprek het ten doel om ook vrede te bewerkstellig tussen die twee state, Noord- en Suid-Korea, het die president aan die Amerikaanse Kongres gesê tydens sy Staatsrede..

Die twee staatshoofde het ’n eerste ontmoeting gehad wat in Singapoer was, maar dit was meer ’n verkennende gesprek en geringe toegewings is gemaak aan mekaar om ’n opvolg gesprek moontlik te maak.